SocialIcons05

Johannesburg: 12 September 2018 Die nuutste nasionale misdaadstatistieke vir die tydperk 2017/2018 toon vir die eerste keer in jare ’n effense afwaartse neiging in kleinhandel-kontantmisdaad.

“Die totaal van 20 047 aangemelde gewapende rooftogte teen nie-residensiële teikens bevestig ‘n marginale dalende tendens in kontantmisdaad,” sê Richard Phillips: gesamentlike uitvoerende hoof van Cash Connect. “Hoewel hierdie statistieke ’n effense verbetering verteenwoordig, is kleinhandelkontant-misdaad ongetwyfeld steeds hoog op die kriminele agenda en bly dit kommerwekkend dat die kleinhandelsektor onder erge druk verkeer as gevolg van misdadigers op soek na kontant.”

“As ’n bedryfsektor versoek ons dat die regering en wetstoepassers sterk standpunt inneem teen die transitorooftog-epidemie. Die daaglikse gewapende aanvalle op Suid-Afrikaanse sakeondernemings vereis egter nie slegs die regering se aandag nie, maar is ook ’n noodroep vir dringende samewerking om kontantmisdaad in sy geheel vas te vat,” sê Phillips.

Die nasionale misdaadstatistieke wat gister vrygestel is deur Bheki Cele, Minister van Polisie, toon duidelike ooreenkomste tussen transitorooftogte en kleinhandel-kontantmisdaad, wat steun verleen aan die kontantbedryf se gevestigde mening dat dieselfde georganiseerde misdaadsindikate daarby betrokke is. Nog ’n verrassende wending is dat bankrowe hierdie keer ’n skielike toename toon, wat bewys dat sindikate vasberade is om hulle kontantlus te bevredig.

Vir die tydperk 2017/2018 het rooftogte by sakeondernemings afgeneem met 3.1% van 20 680 in 2016/2017 tot 20 047 in die nuutste statistieke, terwyl inbrake by ondernemings ook ’n afwaartse neiging toon met 71 195 aangemelde inbrake vir die tydperk 2017/2018.

“Die regering en wetstoepassers het sonder twyfel vordering gemaak en die epidemie effens onder beheer gebring ná die toename in transitorooftogte in die eerste helfte van 2018,” sê Phillips. “Ons kan net hoop dat transitorooftogte onder beheer gebring kan word, veral in die aanloop na die Feesseisoen. Ons hoop ook dat kleinhandelkontant-misdaad dieselfde aandag sal ontvang sodat kleinhandelaars en die verbruikers wat hulle ondersteun ’n veiliger feestyd as verlede jaar kan geniet,” sê Phillips.

Onlangse statistieke

Kleinhandelkontant-misdaad was histories net so volop as transitorooftogte. Shoprite, een van Suid-Afrika se grootste kleinhandelsgroepe, het onlangs bekendgemaak dat 489 gewapende rooftogte oor die afgelope jaar by sy winkels plaasgevind het. Dit het ’n direkte impak gehad op die groep se aandeelprys, wat met vier persent gedaal het.

Die brandstofkleinhandel is ook onderwerp aan ’n ongekende toename in gewapende rooftogte en bom-aanvalle op kontantmasjiene. “Die toename in gewapende rooftogte en die gebruik van ploftoestelle in die voorhowe van brandstofstasies het ontaard in ’n probleem wat dringende ingryping deur die regering en die SAPD vereis. Die grootste aantal aangemelde tipes misdaad wat in voorhowe van brandstofstasies gepleeg word, het ingesluit aanvalle op kontantmasjiene, kasregisters en geriefswinkels, met Gauteng en Limpopo die provinsies met die hoogste voorkoms van dié soort misdade,” sê Reggie Sibaya, uitvoerende hoof van die Vereniging van Brandstofkleinhandelaars.

“Kleinhandelaars, veral dié wat groot hoeveelhede kontant in hulle winkels aanhou, moet ekstra waaksaam wees om hulle kontant te beveilig en moet veiligheidsmaatreëls in hulle winkels opskerp,” benadruk Phillips.

As Suid-Afrika se voorloper in geoutomatiseerde kontantbestuur- en betaaloplossings, maak Cash Connect dit vir kleinhandelaars moontlik om sake te doen in ’n veilige omgewing. Phillips sê dat Cash Connect se tegnologie bewys is as die mees doeltreffende afskrikmiddel in die plaaslike kleinhandelsektor. “Selfs in hierdie buitengewoon gewelddadige aanvalle kon misdadigers nie daarin slaag om toegang te kry tot die kontant in die kluise nie. Om die waarheid te sê, het Cash Connect in die afgelope jaar slegs voorvalle by minder as twee persent van sy kliënte ondervind. Misdadigers word toenemend bewus daarvan dat ons kontantkluise buitengewoon moeilik is om te beroof. Statistieke toon dat die risiko van gewapende rooftogte by kleinhandelaars grootliks beperk word deur geoutomatiseerde kontantbestuur wat gebruik maak van robuuste kontantkluise.”

Bom-aanvalle op kontantmasjiene het oor die afgelope ses maande ’n duidelike afname getoon vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, hoofsaaklik as gevolg van innoverende ontwerp. Cash Connect vier boonop die feit dat in 94% van die aanvalle waar springstof gebruik is, die misdadigers suksesvol in hul spore gestuit is en nie toegang tot die kontant kon kry nie.

Inbrake by sakeondernemings, wat ook ’n effense daling toon, dui egter steeds op die vasberadenheid vanmisdadigers om kontant te bekom. Inbrake by sakeondernemings kom veral voor wanneer winkels se deure aan die einde van die dag vir die publiek gesluit word.

Suid-Afrika is nog grootliks ’n kontant-gedrewe ekonomie, met kontanttransaksies wat amper 60 persent van ons bruto binnelandse produk verteenwoordig. Terwyl kontant koning bly, kan ons nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is dat die regering en wetstoepassers van kontantmisdaad as geheel, kleinhandelkontant-misdaad ingesluit, ’n prioriteit maak nie.

Vri meer inligting oor die nuutste #CrimeStats en wenke oor hoe kleinhandelaars hulle risiko vir ’n gewapende rooftog kan verminder, besoek https://cashconnectsus.co.za/crime-stats-2018 of volg ons op Twitter @cashconnectsus vir die jongste nuus oor kontant- en misdaadstatistieke.

 

FREE CASH MANAGEMENT CONSULTATION

CLICK HERE
Copyright © 2020 Cash Connect.
PAIA DocumentationAll rights reserved.
facebook-icon
facebook-icon
facebook-icon
facebook-icon
cash connect cash management solutions retail safe cash vault cti cti