PierreLiebenbergSocialMediaimageDit is ‘n welbekende feit dat misdadigers en georganiseerde misdaadsindikate voorheen veral banke, geldwaens, OTMe en kleinhandelaars deur middel van gewapende rooftogte vir hul kontant geteiken het.  Gedurende 2015 was daar egter ʼn beduidende toename in die opblaas van kontantmasjiene en veral liggewig depositomasjiene. Hierdie tipe aanvalle is nou wel nie ‘n nuwe tendens nie maar daar word algemeen voorspel dat daar in 2016 ‘n verdere steiging in voorvalle van kontantkluisroof sal voorkom, namate vooruitsigte vir die ekonomie in Suider Afrika versleg.
 
Volgens Pierre Liebenberg, hoof van Produksie en Vervaardiging by Cash Connect Management Solutions, is liggewig depositomasjiene wat relatief groot hoeveelhede kontant bevat die nuwe fokus van georganiseerde misdaadgroepe. Die gebruik van plofstowwe om toegang tot die inhoud van veral liggewig kontantdeposito masjiene en kluise te verkry, het ʼn gewilde taktiek onder misdadigers geword omdat dit ‘n vinnige en effektiewe metode is om toegang tot kontant te verkry.
 
Hierdie tipe kontantdeposito masjiene en kluise is veral gewild onder die kleinhandelsektor waar kontant nog die voorkeur betalingsmetode is en sake eienaars genoop word om kontant op die perseel te berg totdat dit deur ‘n kontant-in-transito maatskappy van die perseel verwyder en na die bank vervoer kan word.  
 
Tydens ʼn onlangse kleinhandelsgeleentheid het die Verbruikersgoedereraad van SA die belangrikheid daarvan beklemtoon dat die kleinhandelsektor beskerm moet word, aangesien dit tot byna 15% van ons BBP bydra. Ter stawing van die belangrikheid van die kleinhandelsektor se bydrae tot die Suid Afrikaanse ekonomie, het Statistiek Suid-Afrika (SSA) onlangs berig dat hierdie bydrae in Desember 2014 ongeveer R707 biljoen beloop het.
 
Dit is veral hierdie sektor wat hulself as voorkeur teiken bevind, ondersteun deur misdaadstatistiek wat ‘n onstellende tendens van gemiddeld 52 aanvalle per dag op sakeondernemings uitwys.
 
Gevolglik word sakeondernemings regoor Suid-Afrika genoodsaak om doeltreffendheid en sekuriteit rondom kontanthantering te verbeter.  Gewapende rooftogte het heel dikwels ‘n noemenswaardige finansiele impak op die winsgewendheid van die onderneming.
 
Ter illustrasie  van die impak hiervan het SA se grootse supermarkgroep, Shoprite Holdings onlangs onthul dat gewapende rooftogte, hul verlede jaar (2014-2015) ’n ekstra R3-biljoen aan bedryfskoste uit die sak gejaag het. Hierdie koste verteenwoordig meer as 2.5% van inkomste en 13% van handelswins vir Shoprite volgens  Mnr. Whitey Basson, HUB van Shoprite.  Mnr Basson het verder  gesê dat die groep se koste vir fisiese sekerheidsmaatreëls die afgelope boekjaar meer as R1-biljoen beloop, wat nou hoër as hulle vervoerkoste is.
 
“’n Verbasende getal gevestigde besighede pas nog tradisionele kontantbestuursmetodes toe waar geld deur die kleinhandelsaak eienaar of ondernemingsbestuur fisies hanteer, getel en meestal oornag in tradisionele kluise bewaar word, voordat dit per hand na die bank geneem en gedeponeer word.  Daar is is egter ook ‘n persentasie kleinhandelsake wat wel die stap geneem het om van kontantdepositomasjiene gebruik te maak maar ongelukkig weens onkunde, stelsels geimplimenteer  wat nie voldoen aan die standaarde van ’n moderne, geoutomatiseerde kontantbestuur- en betaaloplossing nie.
 
Baie van hierdie kleinhandelsake of ondernemings se kontantdepositostelsels is liggewig, ontoereikend bewapen en al verskeie kere deur misdadigers geteiken en oopgebreek.  Die betreklik maklike manier waarop sekerheidsmaatreëls van hierdie stelsels verslaan word, het ook die breër misdaadsgemeenskap aangespoor om sake waar hierdie tipe toerusting geidentifiseer word, spesifiek te teiken.  Dit is tragies om te let dat dit ook dan juis hierdie sektor is wat gaandeweg nou die vernaamste teikens geword het vir georganiseerde misdaad.
 
Daar kan nie rederlikerwys verwag word dat liggewig depositomasjiene rowers sal afskrik wanneer hulle op soek is na geld wat relatief maklik verkry kan word nie.  Trouens, hierdie toestelle word dikwels maklik en vinnig oopgemaak of selfs sommer net opgelig en gesteel,” voeg Liebenberg by.
 
Dit is ‘n bewese feit dat 90% van rooftogte met binnehulp uitgevoer word.  Rowers kan dus  vroegtydig vasstel watter teenstand hulle kan verwag wanneer hulle ‘n rooftog of aanval beplan, en wat die uiteindelike buitbedrag sal wees en beplan dienooreenkomstig.  Hoe “sagter” die teiken hoe groter die gevaar dat die betrokke onderneming geteiken sal word.
 
Die Suid-Afrikaanse mark is ongelukkig deurtrek van organisasies wat bloot depositomasjiene verkoop.  Daar is egter ook talle diensverskaffers wat kontantbestuuroplossings bied, wat die verskaffing van depositomasjiene insluit, as deel van ’n meer uitgebreide diens.
 
“Slegs kontantkluise wat gebou is volgens die SABS se Kategorie 4-standaard kan die taaiste aanvalle weerstaan. Cash Connect het onlangs as deel van ‘n risiko-oudit wat die 24 maande wat Januarie 2015 voorafgegaan het bepaal dat gedurende dié tydperk daar gemiddeld slegs twee plofkraakaanval pogings vir elke 500 Cash Connect kliënte gerapporteer is. Verdermeer het slegs een kliënt ’n poging tot gewapende roof gerapporteer. Daar is geen twyfel dat ‘n goeddeurdagte kontanthanteringsoplossing, verskaf en ondersteun deur ‘n betroubare, gerekende en bewese  diensverskaffer soos Cash Connect, die risiko wat gepaard gaan met kontanthantering, drasties en effektief verminder, indien nie geheel en al hokslaan,” sê Steven Heilbron, HUB van Cash Connect Management Solutions.
 
In vandag se besigheidsomgewing het dit net so noodsaaklik geword om vir jouself, jou personeel, jou kliënte en jou onderneming, ‘n veilige en rustige handelsomgewing te skep as wat dit is om koste te bespaar.  Indien jy steeds jou kontant op ’n tradisionele manier hanteer of alreeds ‘n kontanthanteringsoplossing in plek het waaroor jy dalk twyfel, is dit nou tyd om ondersoek in te stel en te verseker dat jou oplossing die volgende beginsels aanspreek:
 
·        Die gebruik van ’n doelgemaakte, bewese en verkieslik geoutomatiseerde kontantkluis wat gebou is tot ’n minimum van die SABS se Kategorie 4 kluis-standaard.  Misdadigers besef gou dat hulle nie by die toestel sal kan inkom nie, of waar hulle  plofstof gebruik, dat die ontploffing in alle waarskynlikheid die kontant ook sal vernietig.  

·        Die gebruik van ’n dubbelnetwerk-SIM vir datakommunikasie wat volgehoue, ononderbroke kommunikasie verseker en transaksionele en diensverwante informasie beveilig.

·        Voorsiening van selfde-dag deposito-waarde in die bank.  Jou kontant sal dieselfde dag as wat jy die kontant in die kontantkluis geplaas het in jou bankrekening reflekteer.

·        Jou kontantdeposito oplossing moet verkieslik ’n gewaarborgde kapasiteit hê om in die kontant kapasiteitsvraag te voorsien.

·        ‘n Geskikte oplossing verseker dat die kontant risiko vanaf die oomblik dat dit in die toestel gedeponeer is totdat die ooreenstemmende waarde in die bank verskyn gedek word, sonder uitsondering, voorbehoud of inkorting.

·        ‘n Oorkoepelende enkel tarief met geen versteekte, misleidende of ekstra koste nie.  Sluit alle verbruiksitems, kommunikasie koste en instandhouding in een maklike verstaanbare en voorspelbare maand-tarief in.

·        24/7-toegang tot ’n professionele kliëntediens-inbelsentrum asook onbeperkte tegniese ondersteuning.

·        Die beskikbaarheid van ‘n geouditeerde risikorekord wat met vertroue gepubliseer word.

·        ‘n Kliënt-toeganklike webgebaseerde inligtingsplatfom, wat maklik is om te gebruik en alle kontantverwante en deposito transaksies aantoon en beskikbaar stel vir verdere verwerking en analise.

 
Om meer uit te vind oor die jongste kontantbestuuroplossings wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is, gaan asseblief na www.cashconnect.co.za.

FREE CASH MANAGEMENT CONSULTATION

CLICK HERE
Copyright © 2020 Cash Connect.
PAIA DocumentationAll rights reserved.
facebook-icon
facebook-icon
facebook-icon
facebook-icon
cash connect cash management solutions retail safe cash vault cti cti